Almondbury Gaste Plaas lê in die skaduwee van die Langeberg bergreeks 6km van Robertson op pad na Dassiehoek natuur reservaaten bied ons gaste ’n plekkie om te kom rus in die stukkie paradys van die
Breede Rivier Vallei.
Die gaste plaas
kan
op verskeie maniere bespreek word, jy
kan
die totale gastehuis bespreek vir R1950 per aand op a self sorg basis.Die Victoriaanse huis wat in die laat 1800’s gebou is
kan
tot 16 mense slaap wat deel (klik hier om al die kamers te besigtig).
Bed en ontbyt asook aandete kan ook apart bespreek word in enige van die 5 kamers almal met eie badkamers en sou jy verkies om net ’n kamer te bespreek het jy dan toegang tot al die self sorg fasiliteite.
Ons braai fasiliteite onder die groot peperboom sorg altyd vir lekker kuierplek waar mens
kan
ontspan en ’n stukkie vleis op die vuur te gooi om saam met ’n lekker bottel wyn te geniet.Daar is ook ’n groot sement plaasdam waar jy in die somer maande
kan
afkoel.
Daar is 45+ wynplase om van die kies in die Robertson Wyn Vallei waar jy gratis wyn kan proe. Koop jou gunsteling rooi, wit, port of muskadel saam te neem huis toe of somer daar op die rivier oewer te geniet.
Daar is ook verskeie bote soos bv. by Viljoensdrift waar jy by hulle ’n piekniek mandjie kan pak saam met jou wyn en vir ’n uur of so op die Breede Rivier te vaar, of eet lekker boerekos op die Kolgans boot en spandeer so 2 ure op die rivier.
Daar is so ’n groot verskeidenheid besienswaardighede en aktiwiteite in die Robertson Wyn Vallei (klik hier om die lys af te laai).